Die eerste gelanseerde kunsmatige satelliet was Spoetnik 1, gelanseer deur die Sowjetunie op 4 Oktober 1957 as deel van die Sowjet Spoetnikprogram waarvan Sergei Korolef die hoofontwerper was. Daar is 'n krater op die duskant van die maan wat in sy eer vernoem is. Hierdie het die intensiteit van die ruimtewedloop tussen die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika verhoog en het 'n sogenaamde Spoetnikkrisis by die laasgenoemde veroorsaak. Hierdie was te danke aan die Amerikaanse bekendstelling dat hulle 'n satelliet in die lente van 1958 sal lanseer. Die Sowjetunie het twee dae na die bekendstelling aangekondig dat hulle 'n satelliet so vroeg soos die herfs van 1957 sal lanseer.